Vlak 3 Distrik Swemkampioenskappe. Sewe swemmers van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het aan die gesogte Vlak 3 Distrik Swemkampioenskappe by LC de Villiers deelgeneem. Die kampioenskap het 780 swemmers van verskeie provinsies asook spanne uit Namibië, Botswana en Zambië gelok.
AHMP swemmers se uitslae:
- Abigail van Dyk (Graad 11, 17-19 jaar) – Goud – 50m Rugslag; twee persoonlike beste tye en 2 finale (50m en 100m Rugslag)
- Anika Lamprecht (Graad 8, 13 jaar) – Silwer – 50m Rugslag en 100m Vryslag; Brons – 50m Vryslag; Drie persoonlike beste tye en 4 finale
- Annik Battheu (Graad 12, 17-19 jaar) – Silwer – 50m Vlinderslag; Brons – 100m Vryslag en 100m Vlinderslag; Twee persoonlike beste tye en 5 finale
- Danaleigh Swanepoel (Graad 10, 16 jaar) – Goud – 100m en 200m Rugslag; Vyf persoonlike beste tye en 5 finale
- Isobelle Vlok (Graad 8, 13 jaar) – Twee persoonlike beste tye en 3 finale
- Josslyn Gauldie (Graad 12, 17-19 jaar) – Brons – 50m Borsslag; Sewe persoonlike beste tye en 3 finale
- Jeane Smith (Graad 9, 14 jaar) – Drie persoonlike beste tye.


Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor











