Hoërskool Ermelo se graad 8’s neem deel aan Groentjies-atletiek! Donderdagmiddag, 18 Januarie 2018, het elke graad 8-vink deelgeneem aan die jaarlikse groentjies-atletiek wat spesiaal vir dié graad gehou word, sodat talente ontdek kan word!
Die Vinke het met besonderse entoesiasme deelgeneem en uitstekend presteer. Ons is so trots om julle as Erries te ontvang en sien uit na die atletiekseisoen!
Die middag is afgesluit met ‘n prettige, taai spul tydens die waatlmoenfees waar almal mekaar rondgejaag en besmeer het met die waatlemoen. Deur die prettige lag-geluide en gelukkige kinders kon mens nie anders as om trots te wees om deel van die Erries te kan wees nie!