Die volgende landloop-atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo is ingesluit in die Gert Sibande Landloopspan wat op 15 September te Lydenburg aan die Mpumalanga uitdunne sal deelneem.
Hulle sit (v.l.n.r.): Kemaine Venter, Annika Jacobsz, Masibulele Mndebele en Siyabonga Mngomezulu. Baie geluk julle vier en sterkte met die volgende rondte.