)

Ligbron 1ste en 2de dogters krieketspanne sê mekaar die stryd aan

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se eerste- en tweede dogters krieketspanne is vanjaar in dieselfde liga ingeskryf.

Omrede hulle in dieselfde liga ingeskryf is, het hulle ook die geleentheid gekry om op Woensdag, 22 Augustus, mekaar te daag as deel van hulle liga-verpligtinge.

Die eerstespan wen die loting en stuur die tweedespan in om eerste te kolf. Na 13,3 boulbeurte teken die tweede span 72 lopies vir die verlies van 10 paaltjies aan.

Lalique Broxham is die bouler van die wedstryd met 2 paaltjies vir 8 lopies. Daarna word die eerste span ingestuur om te kolf en gaan hulle die tweedespan se telling in die 8ste boulbeurt verby met Leoné Bakker as die kolwer van die wedstryd met 22 lopies.

Die eerstespan wen dus die wedstryd met 8 paaltjies. Die eerstespan speel eerskomende Woensdag in Piet Retief teen Hoërskool Piet Retief se eerstespan en die Ligbron tweedespan sal tuis teen Hoërskool Ermelo se eerstespan speel.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal