)

Liggie landloopspan eindig seisoen op ‘n hoë noot

Die laaste Landloop liga vir die seisoen waaraan die atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo deelgeneem het, het op Woensdag, 22 Augustus by Hoërskool WH de Klerk in Witbank plaasgevind.

Die Liggies het die volgende individuele plekke verwerf: Siyabonga Mngomezulu 5de en Wandile Makhanya 6de in die junior seuns-afdeling; Noma Maseko 7de in die junior meisies-afdeling; Edward Jacobs 8ste in die senior seuns-afdeling en Masibilele Mndebele 2de en Kemaine Venter 9de in die senior mesies-afdeling.

In die ouderdomsgroep het die liggies die volgende plekke verwerf: Wandile Makhanya 3de in die seuns o/14-afdeling, Masibulele Mndebele 2de in die dogters o/16-afdeling en Annika Jacobsz 1ste in die dogters o/19-afdeling.

Ligbron se spanne het die volgende plekke behaal: junior seuns 3de, senior seuns 2de en die senior meisies 1ste. Die Liggies se junior en senior seuns het algeheel 2de geëindig en Ligbron as skool het die algehele 3de plek beklee.

Daar het ongeveer 17 skole aan hierdie liga deelgeneem en die Liggies is trots op elke atleet wat so hard gewerk het hierdie afgelope seisoen.

(Foto heel bo:)
Die drie Liggies wat individuele plekke beklee het staan (v.l.n.r.): Masibulele Mndebele, Wandile Makhanya en Annika Jacobsz.

(Foto links:)
Die senior dogters wat ‘n eersteplek behaal het sittende voor (v.l.n.r.): Xandi Gouws, Annika Jacobsz, Kemaine Venter en Marisca Stander.

Agter staan (v.l.n.r.): Stephanie Grobelaar, Sophia Giliomee, Salaelo Phosa, Sinothile Ngwenya, Masibulele Mndebele, Renate Krause en Jané Bosman.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal