Op Woensdag 22 Augustus het die Erries deelgeneem aan die laaste landloopbyeenkoms vir 2018. Die byeenkoms het te Hoërskool WH de Klerk in Witbank plaasgevind.
Tydens die wedloop behaal Caylin Loock ‘n eerste en Chantelle Swart ‘n vierde plek vir die Junior dogters. Luyanda Mabuza behaal ‘n derde plek by die Senior seuns.
Chantelle ontvang ook ‘n silwer medalje vir ‘n algehele tweede plek vir die liga. Baie geluk, Erries! EHS is trots op julle!
Sterkte aan Caylin Loock en Chantelle Swart wat op Saterdag 1 September aan die Mpumalanga-kampioenskappe gaan deelneem.