)

Erries se rugby-7’s vaar goed in eerste toernooi

Hoërskool Ermelo se o/17 7’s-rugbyspan het op Saterdag 25 Augustus te HTS Witbank aan ‘n 7’s-toernooi deelgeneem.
Die Erries wen albei hulle twee poel-wedstryde teen Hoërskool Barberton en Hoërskool Oosterland met onderskeie tellings van 43-0 en 56-12.

Daarna dring die Erries deur na die uitspele en wen die kwarteindt een Curro Nelspruit met ‘n telling van 42-19. Dié oorwinning dra die Erries deur na die semi-finaal teen Hoërskool Middelburg. EHS bevind hulself vroeg in die wedstryd op die agtervoet met ‘n telling van 14-0 in die guns van Middelburg.

‘n Harde terugveg-poging bring die telling te staan op 14-7 teen halftyd, wat ook die eindtelling is. Die Erries speel daarna in die uitspele vir die derde of die vierde plek en wen die wedstryd teen Hoërskool Steelcrest met ‘n telling van 14-7. Die Erries eindig derde in die toernooi.

Baie geluk aan elke seun wat goeie wedstryde gespeel het en baie geluk met die brons medalje wat julle verower het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal