Hoërskool Ermelo se o/17 7’s-rugbyspan het op Saterdag 25 Augustus te HTS Witbank aan ‘n 7’s-toernooi deelgeneem.
Die Erries wen albei hulle twee poel-wedstryde teen Hoërskool Barberton en Hoërskool Oosterland met onderskeie tellings van 43-0 en 56-12.
Daarna dring die Erries deur na die uitspele en wen die kwarteindt een Curro Nelspruit met ‘n telling van 42-19. Dié oorwinning dra die Erries deur na die semi-finaal teen Hoërskool Middelburg. EHS bevind hulself vroeg in die wedstryd op die agtervoet met ‘n telling van 14-0 in die guns van Middelburg.
‘n Harde terugveg-poging bring die telling te staan op 14-7 teen halftyd, wat ook die eindtelling is. Die Erries speel daarna in die uitspele vir die derde of die vierde plek en wen die wedstryd teen Hoërskool Steelcrest met ‘n telling van 14-7. Die Erries eindig derde in die toernooi.
Baie geluk aan elke seun wat goeie wedstryde gespeel het en baie geluk met die brons medalje wat julle verower het.