Verteenwoordigende Raad – HTS Drostdy kondig aan dat vier graad 8-leerders verkies is tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders. Na afloop van die eerste kwartaal is die leerders verkies. Hierdie jong leiers het reeds bewys dat hulle bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en ’n stem vir hul medeleerders te wees.
Die volgende leerders is gekies:
- Zelmari Malan
- Mia Koch
- Juanrique le Roux
- Bruwer Potgieter
Die VRL speel ’n belangrike rol in die bevordering van skoolgees, die aanspreek van leerders se belange en die ondersteuning van die personeel in die skoolgemeenskap. Dit is ’n groot taak wat toewyding, samewerking en ’n sterk gevoel van verantwoordelikheid verg.
HTS Drostdy wens hierdie vier leerders sterkte toe met die uitdagings en geleenthede wat voorlê. Mag hulle met entoesiasme en integriteit leiding neem en ’n positiewe verskil maak in die skool se daaglikse lewe.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








