VCSV 2026 kringleier inhuldiging. Op 30 September het die Kringleier-inhuldiging plaasgevind by NG Suidgemeente, Vanderbijlpark. Hierdie spesiale geleentheid het die leerders herinner aan die roeping van ’n ware Christelike leier: om met liefde te dien, met wysheid te lei, en met oorgawe te leef tot eer van Christus.
Dit is vir die kringleiers ’n groot voorreg om saam met ons kringlede God se almag te beleef. 💫
Baie geluk aan ons nuwe Kringleiers van 2026! Mag die lig van Jesus deur julle straal en ander se Jesus-liggies aansteek.
Hartlike geluk ook aan die nuwe VCSV Dagbestuur van 2026. Valia vertrou dat julle die VCSV met toewyding en geloof na nog hoër hoogtes sal lei – alles tot eer van God!
” ’n Spesiale dankie aan die Dagbestuur van 2025 vir die ongelooflike voorbeeld wat julle gestel het. Julle het ’n nalatenskap van diensbaarheid en geloof agtergelaat: Lana Dekker, Logan Pottas, Eduann Raubenheimer (Voorsitter), Emri Prinsloo-Van Zyl (Ondervoorsitter), Lumé Jv Rensburg, Gerhard Cloete.
Welkom aan die Dagbestuur van 2026! Mag julle pad geseënd wees en julle leierskap ’n lig vir ander:
- Janco Vrey
- Denicia Hamilton
- Miané Naudé
- Elizabeth Aucamp (Voorsitter)
- Juan Le Riche (Ondervoorsitter)
- Henco Kleynhans





Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








