Valia Atletiek. Hoërskool Transvalia is baie trots op Mieke van Zyl. Hierdie talentvolle o.15-hekkiesatleet het Valia Atletiek se naam met trots gedra tydens Potchefstroom Gimnasium se Prestige-byeenkoms!
Mieke is aangewys as die Beste Junior Baanatleet van die byeenkoms – ’n uitsonderlike prestasie wat haar harde werk, talent en deursettingsvermoë bekroon.
Die hele Valia-familie is ongelooflik trots op jou, Mieke. Mag hierdie mylpaal die begin wees van nog vele hoogtepunte in jou atletiekloopbaan!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









