Uppies 0/15 vs Kenhardt 0/15 – 01/11/2016:  Uppies se 0/15 krieket span het Dinsdag, 1 November, teen Hoërskool Kenhardt gaan speel in ‘n 25 beurt wedstryd.

Kenhardt het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het hul baie goed van hul taak gekwyt met die bal en Kenhardt beperk vir slegs 36 lopies. Beste boulers vir Uppies was Clemens Terblanche met 6 paaltjies en Michael Wessels met 3 paaltjies.

Daarna het Uppies gaan kolf en die wedstryd met 6 paaltjies gewen. Beste kolwers vir Uppies was Michael Wessels met 24 lopies, nie uit nie, en Ethan Isaacs met 11 lopies.

Baie geluk aan die 0/15 span.

Op die foto bo:

Agter van links na regs: Michael Wessels, Adri Hudson, Ethan Isaacs, Theuns Theunissen, Mnr SD Botes, Bradley Gous, Clemens Terreblanche, Danielle Tyers, Juan Swanepoel.

Voor links na regs: Andries Engelbrecht, Jaco Koegelenberg, Hein Neser, Ian Erasmus.

Cobus Fourie nie op foto

Become a Sponsor