O.17 A: Riana Steenkamp, Monique Lombard, Susan Hanekom, Liane Kapp, Juf Christine Esterhuizen, Bea Engelbrecht, Janneke Engels, Johane Botha en Marinell Smith
Hoƫrskool Upington-netbal het hul seisoen begin met wedstryde op Vrydag 28 Februarie en Saterdag 29 Februarie teen spanne soos Hoƫrskool Kalahari, Hoƫrskool Keimoes en Hoƫrskool Springbok.
Uppies-netbal se 1ste span het ook twee wedstryde teen onderskeidelik Hoƫrskool Kuruman en Upington dorp se spanne gespeel waar hulle albei wedstryde gewen het. Baie dankie aan hierdie twee spanne vir julle bereidwilligheid en opoffering. Dit word opreg waardeer.
Die uitslae van die naweek was as volg:
Uppies O.14B vs Nam O.14 verloor 2 – 28
Uppies O.14B vs Kalahari O.14B wen 11 – 4
Uppies O.15B vs Nam O.14 verloor 8 – 25
Uppies O.15B vs Kalahari O.15B wen 15 – 3
Uppies O.15B vs Keimoes O.15 wen 14 – 9
Uppies O.17B vs Keimoes O.16 wen 11 – 2
Uppies O.17B vs Kalahari O.19C verloor 4 – 7
Uppies O.19B vs Kalahari O.19B verloor 3 – 21
Uppies O.14A vs Nam O.15 wen 6 – 4
Uppies O.14A vs Kalahari O.14A gelykop 11 elk
Uppies O.19B vs Nam O.17 verloor 6 – 15
Uppies O.15A vs Keimoes O.16 wen 23 – 2
Uppies O.15A vs Kalahari O.15A verloor 8 – 18
Uppies O.17A vs Kalahari O.19B wen 35 – 7
Uppies O.17A vs Kalahari O.19A wen 31 – 15
Uppies O.19A vs Kalahari O.19A wen 41 – 8
Baie dankie aan al die leerders, ouers, ondersteuners en borge.
Uppies-netbal sien uit na 2020!