Wian van As, leerder van Hoërskool Upington, het tydens die September vakansie aan die SA-skole skietkompetisie deelgeneem.
Hy kry brons vir o/21 Veergeweer in die drie posisie en silwer vir die 10m staan. Hy eindig algeheel derde. As o/21 Veergeweerspan kry hulle goud en die NK word aangewys as die wenprovinsie. Wian kry ook sy Groen SANSU-kleure.
Hoërskool Upington is baie trots op Wian se mooi skietprestasie.