Tydens Laerskool Oranje-Noord se jaarlikse hokkiedag op Saterdag, 19 Augustus, het van ons Uppie hokkiekinders as skeidsregters opgetree. Hierdie leerders het Uppies se naam hoog gehou deur hul regverdigheid en gedrag. Uppies is werklik trots op hul!
Baie dankie aan Laerskool Oranje-Noord vir die geleentheid om deel te kon wees van hierdie dag!
Komende Saterdag sal daar weer ‘n groep as skeidsregters optree tydens Op die Voorpos se jaarlikse hokkiedag!