Eer het `n leerder van Hoërskool Upington te beurt geval toe haar ontwerp gekies is vir die voorblad van die SA Akademie van Wetenskap en Kunste se jaarlikse publikasie “POORT”. Chrizelle Strydom, `n graad 11 leerder van dié skool, is verras met die nuus dat haar inskrywing op die voorblad gaan verskyn.
Die Poort-Kompetisie is `n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan `n groter gehoor bloot te stel.
Hierdie kompetisie vind al sedert 1971 plaas. Skole se graad 10-, 11- en 12- leerders regoor die hele Suid-Afrika en Namibië het deelgeneem, maar Chrizelle se ontwerp is gekies en sal binnekort die voorblad van hierdie publikasie versier.
Become a Sponsor









