Die afgelope naweek was die finale proewe vir die onderskeie Noord-Kaap spanne wat die provinsie sal verteenwoordig by die All Ages Toernooi wat Junie in Boksburg plaasvind.
Die volgende dogters is verkies tot hierdie spanne:
0/15: Bea Engelbrecht, Janneke Engels, Uya Nckoko en Vivi Mbiza
0/16: Susan Hanekom en Abongile Mchlauli
0/17: Berna Kilian, Jessi Wessels, Di-Marie Visser, Janice Avenant en Beryl Ndhlovu
0/18: Lorraine Groenewald, Cleo Minnaar en Ayanda Esau.
Mev Kotzé en Mev Esterhuizen is onderskeidelik ook gekies as afrigters van die 0/15 en 0/17 spanne.
Baie geluk en sterkte aan hierdie dogters en afrigters!
Foto bo: Mev Loraine Kotzé en Mev Christine Esterhuizen