Cleo Minnaar is voorwaar Hoƫrskool Upington se netbaltrots!
Sy het van kleins af potensiaal getoon en met harde werk en toewyding, speel sy die afgelope 7 jaar al netbal vir haar provinsie.
Die hoogtepunt van haar netballoopbaan begin beslis in 2017 toe sy die Certificate of Merit van SASN Schoolnetball ontvang en gekies word vir die o/16 Top 35 SA spelers. Sy word in 2018 gekies vir die O/17 SA Skolespan wat in 2019 in Nieu-Zealand deelgeneem het.
In 2019 val die eer haar ook te beurt om gekies te word vir die Top 35 0/18 speelsters op die SA Skole Toernooi.
Hoƫrskool Upington is baie trots op jou, Cleo en glo dat jy nog groot hoogtes kan bereik in jou sport.