Khanyakosi Klaasten, Jerosile Daniels, JJ Snyders, Kate Nugent en Macneil Hendriks
Die afgelope naweek, 5 Oktober, het `n baie jong spannetjie atlete van Hoƫrskool Upington aan `n byeenkoms te Cradock deelgeneem. Die 16 atlete was nog maar verroes na `n lang winterseisoen, maar het gewys dat daar nog mooi prestasies wag vir die nuwe seisoen.
Die volgende het medaljes verower:
- Jerosile Daniels (2 goud),
- Macneil Hendriks (silwer),
- Khanyakosi Klaasten (goud en brons),
- JJ Snyders (silwer) en
- Kate Nugent (goud).
Dit was `n groot byeenkoms en die kompetisie was straf, maar Uppies het `n plan met die atletiek vanjaar en ons glo volgende jaar gaan die rekords spat!