Voorste vlnr:Ā PG Human, Lize van Niekerk en Di-Mari Visser
Agter vlnr: Eric Swanepoel, Ruan le Roux, Nina Slabbert, Jessi Wessels, Marnel Oberholster en Theuns Theunissen.
Hoƫrskool Upington het op Vrydag, 4 Oktober, hul jaarlikse skole Fast5 dag gehou. Die dag was gevul met hope pret, goeie sportmangees, baie lag en prettige uitrustings.
Spanne het deelgeneem in twee ouderdomsgroepe naamlik Gr.6 – 9 en Gr.10 – 12. Die wedstryde het bestaan uit twee helftes van 5 minute elk asook n twee-minute powerplay wat vir groot opwinding gesorg het.
Uppies netbal wil elke span wat deelgeneem het opreg bedank vir julle deelname en ondersteuning.
Baie dankie aan Upington Toyota wat hulle tent vir ons opgeslaan het vir koelte vir die spanne. Dit word opreg waardeer.
2020 Maak ons verseker weer so!