JJ Snyders, Khayakosi Klaasten, Normadean Marshall, Benno-Wayne Friedman en Vivi Mbiza Uppies hardloop medaljes los!
Die afgelope naweek het Hoërskool Upington se atlete aan `n byeenkoms van HTS Louis Botha in Bloemfontein deelgeneem. Dit was `n baie strawwe kompetisie en die teenstand groot en baie gedug.
Die volgende pretasies is behaal:
- JJ Snyders: silwer – 200m
- Khayakosi Klaasten: goud – 400m
- Benno-Wayne Friedman: goud – hoogspring en brons – hekkies
- Vivi Mbiza: silwer – hoogspring
- Normadean Marshall: brons – hekkies
Baie geluk en sterkte met die volgende seisoen!