Agter vlnr: Tier (uppie mascot),Bradley Gous, Brend Mulder, Awie van der Westhuizen, Ferdie Richter, Daylon Beukes, Johannes du Plessis (afrigter) en Mnr Jaques Swanepoel (spanbestuurder)
Voor vlnr: Jayden Fortuin, Rique Slabbert, Geo Engelbrecht, Sheldon Cloete, PA Karsten en Beno-Wayne Friedman.
Hoërskool Upington 1ste Krieket wen die Coca Cola T20 Shootout toernooi in die ZFM distrik. Hulle het teen Hoërskool Duineveld te staan gekom.
Uppies kolf eerste en teken n goeie totaal van 183 aan. Daylon Beukes moker n massiewe 76 van 47 balle en word ondersteun deur Brend Mulder met 41 van 25 balle asook PA Karsten met 22 lopies.
Duineveld word ingestuur om te kolf. Rique Slabbert neem 4 paaltjies. Ander goeie boulers was Brend Mulder en Jaydon Fortuin met 2 paaltjies elk. Die gevraagde totaal was net te veel vir Duineveld en Uppies wen met 40 lopies.
Uppies speel volgende jaar die 2de Februarie in Kimberley om uit te speel vir die Noordkaap.
Baie geluk, manne!