Vier van Hoërskool Upington se leerders, Carol-Joy Bezuidenhout, Joshua Hendricks, Jolize Swanepoel en Jana Nel het vanjaar die Royal Schools of Music se musiekeksamens gespeel. Hulle het goed presteer en Uppies is baie trots op hulle.
- Carol-Joy Bezuidenhout slaag graad 3 viool.
- Joshua Hendricks slaag graad 2 klavier.
- Jolize Swanepoel slaag graad 4 klavier.
- Jana Nel slaag graad 5 klavier.