Uppies se senior span het die afgelope naweek aan twee T20 wedstryde deelgeneem. Hul het vroeg-dag na Groblershoop gery om daar te gaan speel.
Uppies kolf 1ste en almal dra by tot ‘n goeie totaal van 158. Daarna kolf Groblershoop en veg verbete om die totaal af te slaan. Uppies haal almal uit vir 98 lopies en wen die wedstryd met 60 lopies.
Die 2de wedstryd was teen Upington Dorp. Dorp wen die loot en kolf 1ste. Jaco Beukes se oog is in en help met ‘n onoorwonne 105 om dorp se lopietal tot 167 te druk.
In Uppies se kolfbeurt het dit aanvanklik moeilik gegaan en ‘n paar vinnige paaltjies het geval. Pieter Cockeron en Franco Swart skop egter vas en baklei terug. Die wenlopies word in die 18de beurt geslaan waar Franco 67 van hul aangeteken het. Uppies wen met 5 Paaltjies.
Agter vlnr: B Mulder, P Cockeron, JB Giliomee, T Kotze, G Smit, B Engelbrecht, F Rickter en F Swart
Voor vlnr: R Erasmus, B Mulder, D Beukes en G Engelbrecht