Die volgende leerders van Hoërskool Upington het vanaf 17 – 19 Januarie aan die Noord-Kaap tennisproewe in Kimberley deelgeneem. Die leerders het as volg geëindig op die ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe:
Dogters o/14: Zea Botma (10)
Seuns o/14: Hercules Hudson (3), P.A. Karsten (4)
Dogters o/15: Janneke Engels (4)
Dogters o/16: Jana Nel (8)
Seuns o/16: Geo Engelbrecht (7) en Awie van der Westhuizen (10)
Dogters o/17: Elanie Brand (1),Berna Kilian (4), Janice Avenant (6)
Seuns o/19: Adri Hudson (8)
Elanie Brand het ook uitgespeel teen die o/19-dogters waar sy nommer 1 eindig. Hiermee is sy dan opgeneem in die interprovinsiale span wat in die Maart-vakansie in Pretoria gaan deelneem teen al die ander provinsies. ‘n Besondere woord van geluk aan Elanie en ons hou duim vas vir die SA-skole span.
Elanie, Janice, Berna, Janneke en Adri is ook in die Noord-Kaapspanne wat 22 – 24 Februarie aan die Synergy Cup toernooi in George gaan deelneem. Baie sterkte ook aan hulle.
Foto: Agter v.l.n.r: Franco Swart (afrigter), Elanie Brand , Janice Avenant, Berna Kilian, Jana Nel, Adri Hudson, Awie van der Westhuizen en Geo Engelbrecht
Voor v.l.n.r: Hercules Hudson, Zea Botma, P.A. Karsten en Janneke Engels