Tydens die skoleskiet kompetisie wat op 19 en 20 Julie te Upington gehou is, het Hoërskool Upington se skuts uitstekend gevaar.
Juan Steenkamp en twee Landboudal skuts lê gelyk op 533 vir o/21 Sportergeweer. Op ‘n uittel kry Juan ‘n derde plek en ook `n brons in die staanposisie.
Janko Botma kry twee goue medaljes in beide die drie-posisie en in die staanposisie vir o/16 Sportergeweer.
Wian van As kry silwer vir die drie-posisie en brons die staanposisie vir die o/21 Veergeweer.
Petrus Labuschagne kry goud vir die o/21 ‘Target sprint’.
Uppies is trots op julle!
Foto: Wian van As, Petrus Labuschagne, Juan Steenkamp en Janko Botma
Become a Sponsor









