Juan Steenkamp, `n gr 12 leerder van Hoƫrskool Upington, was onlangs vir 2 weke saam met die SA skietspan (SANSSU) na Bisley, in Engeland, wat as geboorteplek van skyfskiet beskou word. Daar het hulle aan die British Junior International Championship deelgeneem. Juan was deel van 15 SA Sporterskuts. Hy kry `n algehele 1ste plek in die 3P posisie en wen `n goue medalje. In die 10m staan (Grand Prix) wen hy `n silwer medalje. Juan is ook as spankaptein van die SA Skietspan aangewys. Die spanlede het ook verskeie medaljes gewen.
Baie geluk Juan, Uppies is trots op jou!