Angus Damarah, baie belowende atleet van Hoërskool Upington, het die afgelope seisoen hard gewerk om sy jarelange drome waar te maak.

Hy is gekies vir die SA Junior Kampioenskappe waar hy aan die 100m seuns O/17 deelgeneem het. Hier het hy die semi-finale gehaal en `n algehele 16de plek in die land behaal.

`n Week daarna het hy aan die SA Jeug en Junior Kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem waar hy weereens die semi-finale gehaal het. Hier het hy as 16-jarige seun gehardloop teen atlete wat al 18 en op universiteit is. Hier het Angus uit 45 deelnemers `n algehele 13de plek behaal. Dit is voorwaar `n pragtige prestasie en so sluit hy sy atletiekloopbaan by Uppies af op `n hoë noot.

Foto: Angus Damarah by Anaso Jobodwana – Olimpiese atleet en tans die vinnigste 100m atleet in die land.

Become a Sponsor