)

Unieke Affie-Verhaal – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Unieke Affie-Verhaal. Drie sussies, drie keer leierskap, ’n nalatenskap vir altyd.

By ’n skool met 105 jaar se trotse tradisie gebeur daar soms iets só besonders dat dit vir altyd deel van ons geskiedenis word. Presies dit het die Ferreira-sussies reggekry — hulle het ’n splinternuwe hoofstuk in die Affie-verhaal geskryf.

Hierdie jaar dra Lisa Ferreira, Affies se Lisa Ferreira, die kroon. Sy is die jongste van drie susters wat almal in hul matriekjaar as hoofleiers gekies is.

Hoewel AHMP dekades gelede ook ’n merkwaardige kwartet beleef het — die vier Oosthuizen-sussies wat elk op hul eie tyd hoofleiers was — het Affies lanklaas só ’n suster-sensasie gesien.

Die Ferreira-sussies se leierskapspoor:

  • Jana Ferreira – Vise-President, 2019
  • Carla Ferreira – Vise-President, 2021
  • Lisa Ferreira – President, 2026

Drie susters. Drie hoofleiers. Drie keer die trots.

Met hul liefde vir die skool, hul sagmoedigheid en besondere leierskap het die Ferreira-sussies nie net hul eie stempel op AHMP afgedruk nie. Hulle het ook die geskiedenis op ’n betekenisvolle manier verryk.

Affies-meisies eer hulle met groot waardering en ’n tikkie bewondering. Want sommige stories word nie net geleef nie… hulle word verewig.

Lees meer interessanye skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://ahmp.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal