)

Uitmuntende Matriekuitslae – Hoër Meisieskool Oranje Vereer

Uitmuntende Matriekuitslae – Die glans van akademiese sukses het Saterdag helder geskyn toe Hoër Meisieskool vereers is vir uitmuntende matriekuitslae. Die onderwysers en matriekklas van 2025 is tydens die Motheo-distrik se Welgedaan-funksie vereer.

Die skool het nie net ’n 100%-slaagsyfer behaal nie, maar ook uitgestaan in verskeie vakke waar hul matrikulante die hoogste prestasies in die distrik aangeteken het.

Hoogtepunte van die uitmuntende matriekuitslae prestasies is:

  • Afrikaans Huistaal – 72,4% (ook 1ste in Vrystaat)
  • Besigheidstudies – 65,9%
  • Engels Eerste Addisionele Taal – 72,6% (ook 1ste in Vrystaat)
  • Visuele Kunste – 82,7% (ook 1ste in Vrystaat)
  • Wiskunde – 66,1%

Toekennings wat die skool ontvang het:

  • 100%-slaagsyfer
  • Top 5 skole (kwintiel 4–5) vir hoogste universiteitvrystelling
  • 100%-slaagsyfer en 95,9%-universiteitvrystelling
  • 100%-slaagsyfer en universiteitvrystelling bo 90% vir vyf jaar agtereenvolgens.

Met sulke indrukwekkende uitslae bevestig Hoër Meisieskool Oranje weer hul plek as ’n trotse baken van akademiese uitnemendheid. Die prestasies is nie net ’n bewys van die matrikulante se harde werk nie, maar ook van die toegewyde onderwysers wat elke dag hul passie uitleef.

Dit is duidelik: Hoër Meisieskool Oranje se naam sal nog lank met trots en glorie in die Vrystaat se onderwyskringe weerklink.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal