
Gedurende die Oktober-skoolvakansie het ses van Hoërskool Upington se skuts aan die SA-skietkompetisie deelgeneem. Elné du Toit het twee brons medaljes vir die 10m Staanposisie en o/16 Sportergeweer algehele derde plek gekry.
Rian Loots het twee brons medaljes vir die drie-posisie en vir die derde plek in o/16 Veergeweer algehele gekry.
Die o/16 Sportergeweerspan wat Francois du Plessis, Elné du Toit, Juan Steenkamp en J.P. Smith insluit, het ook vroeër die jaar ‘n tweede plek in die WP-posliga behaal.
Foto heel bo:
Van Regs na Links: Francois du Plessis, Elné du Toit, Juan Steenkamp en J.P. Smith
Foto bo:
Elné du Toit en Rian Loots
Become a Sponsor