Baie geluk aan die twee krieketspelers van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Mark Niebuhr en Hanco Bakker, wat na afloop van die Somer Bokkieweek wat vanaf 2 tot 6 Oktober in Vereeniging plaasgevind het, gekies is vir die o/19 SA Bokkie Krieketspan wat vanaf 1 tot 11 Desember na Sri-Lanka sal toer.
Die Liggies is ook trots op een van die Liggies se afrigters, mnr. Corrie Swart, wat as die SA Bokkie Krieketspan se afrigter aangewys is.
Julle hou beslis die Liggies se naam hoog.