)

Errie-ruiters by SANESA Nasionale Kampioenskappe

Vanaf 3 tot 6 Oktober het drie ruiters van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die SANESA Core League Nasionale Kampioenskappe te Kayalami Equestrian Park in Johannesburg. EHS behaal ‘n algehele sesde plek Nasionaal. Hierdie is ‘n enorme prestasie vir net drie ruiters en meer as 200 skole wat verteenwoordig is!

Margha Greyling, graad 9-leerder van EHS, behaal plekke in die volgende klasse:
Prix Caprilli Novice asook negende en twaalfde, Jumping 1m Two Phase agtste, albei afdelings met haar perd, Brandenburg Corelli. In Working Hunter 80cm behaal sy ‘n agtste plek met haar perd Lorelock Legolas.

Surika Struwig, graad 8-leerder van EHS het gedurende die toernooi in verskeie dissiplines met beide haar perde, Janic Fosfor en Midas Touch Jedi, deelgeneem. Haar uitslae is as volg:

Met Janic Fosfor behaal sy:
Tweede en elfde plekke: Prix Caprilli Dresseer
Tweede plek: 60cm Equitation
Sesde plek: Inhand Utility level 3
Derde plek: Performance Riding level 3
Veertiende plek: Working Riding
Twee-en-twigtigste en vier-en-twintigste uit 50 perde in die klas vir Novice Dresseer.

Surika en Janic Fosfor eindig in die elfde plek vir ruiter/perd kombinasie in Suid-Afrika.
Met Midas Touch Jedi behaal Surika die volgende plekke:
Vierde en negende plekke: Prix Caprilli Dresseer
Dertiende plek: Performance Riding level 5
Twaalfde plek: Working Riding level 5
Sesde en negende plek: Elementary Medium dresseer
Surika en Midas Touch Jedi eindig agtiende vir ruiter/perd kombinasie in die land vir Hoërskool-ruiters. Dié prestasie plaas haar dus onder die Top 20 beste ruiter/perd kombinasies in die land met beide haar perde.

Walter van der Walt, ook ‘n graad 8-leerder van EHS, behaal die volgende plekke:
Derde in Handy Hunter
Agtste in Show Jumping, 0.9m, 2 Phase
Vyftiende in Show Jumping, 1m, 2 Phase
Dertiende in Show Jumping, 1m, Competition
Twaalfde in Show Jumping, 1.1m, 2 Phase
Sewentiende in Show Jumping, 1.1m, Competition
Sewentiende in Working Hunter, 0.9m
Tiende in Working Hunter, 1m
Hy behaal ‘n algehele agtste plek in Suid-Afrika.

Baie geluk aan elke Errie en dankie dat julle die EHS se naam hoog hou!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal