)

Twee Liggies gekies vir Mpumalanga Atletiekspan

Verskeie atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het die afgelope naweek, Saterdag, 27 Oktober, aan die JJJ Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat in Witrivier plaasgevind het. Daar het altesaam 54 atlete van verskeie skole aan die dag deelgeneem.

Die Liggies het vir niks of niemand terug gestaan nie. Ligbron se atlete het in totaal 32 plekke (plek 1 tot 6) tydens die byeenkoms behaal. Twee Liggies, Sias Jacobs en Kwanele Nkambule, het besondere prestasies opgelewer en is ook na afloop van die byeenkoms gekies vir die Mpumalanga Atletiekspan wat Mpumalanga tydens die Sub-Youth Interprovinsiale Kampioenskappe sal verteenwoordig.

Hierdie kampioenskappe sal op 24 November, by die PUK McArthur Stadion in Potchefstroom plaasvind. Kwanele Nkabule het ‘n nuwe rekord opgestel deur sy 200m item in ‘n tyd van 22.25 te voltooi.

Hy het 1009 ABSA punte verwerf. Sias Jacobs het ‘n afstand van 47.74 in sy diskus-item behaal en het 939 ABSA punte verwerf.

Die Liggies is reeds hard besig met hulle voorbereiding vir die 2019 atletiekseisoen.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal