Die jaarlikse Paul Roos Gimnasium Kerskonsert het Sondagaand in die skool se vierkant plaasgevind. Die gehoor het gemaklik op hulle kampstoele gesit en uit piekniekmandjies aan lekkernye gesmul terwyl bekende Kerstreffers deur die koor, sanggroep en orkes opgevoer is.
Die hoogtepunt is altyd die aansteek van die kerse en die gehoor wat die laaste liedere saam sing.