Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Vrydag en Saterdag, 1 en 2 Maart, aan die Interprovinsiale kompetisie/ proewe deelgeneem wat in Vryheid plaasgevind het.
Hanro van der Spuy het in die o/21-afdeling saam met 14 ander skuts deelgeneem en ‘n 3de plek met 1409 punte behaal. Hy is ook algeheel 3de van al die sporters en het ook ‘n vol lê-kaart geskiet. Sumé Snyman, Gerhard Botma en Erenst Botha het in die o/16-afdeling deelgeneem en die volgende plekke behaal: Sumé behaal ‘n 2de plek met 1386 punte Gerhard 5de met 1325 punte en Erenst 7de met 1295 punte.
Hanro en Sumé is ook genooi om op 12 en 13 April aan die SANSSU Nasionale proewe, vir die toerspan na Engeland, deel te neem.
Foto: Hanro van der Spuy en Sumé Snyman