)

Liggies spog met nog onderskeidings na die hermerk

Dit is vir Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo ‘n groot eer om aan te kondig dat Ligbron, ná afloop van die 2018 Matriek eindeksamen se hermerk uitslae, nou spog met ‘n totaal van 131 onderskeidings!

Voor die hermerk het hulle met 125 onderskeidings gespog. Nabiha Seedat spog nou met 8 onderskeidings in stede van net 7. Sy het onderskeidings in die volgende vakgebiede: Engels Huistaal 82%, Afrikaans Eerste Addisionele taal 92%, Wiskunde 89%, Fisiese Wetenskap 92%, Lewensoriëntering 91%, Besigheidstudies 89%, Lewenswetenskap 86% en CAT 84%. Sy spog ook met ‘n gemiddeld van 88.7%.

Nog twee leerders, Marius Ferreira en Sabeehah Mogalia, spog nou elk met 6 onderskeidings. Marius het ‘n Afrikaans Huistaal onderskeiding bygekry en Sabeehah het ‘n Wiskunde onderskeiding ná afloop van die hermerk bygekry.

Ligbron is baie trots om nou 16 Wiskunde onderskeidings te hê en 8 Engels Tweede Addisionele taal onderskeidings.

Foto bo: Marius Ferreira and Nabiha Seedat

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal