
Twee Hoofdogters een gesin. Hoe spesiaal – twee Hoofdogters uit een gesin in een jaar.
Marga Hancke is Hoërskool Hoogenhout van Bethal se hoofdogter vir 2025, terwyl haar sussie, Lana, dieselfde posisie beklee by Laerskool H. M. Swart in Bethal.
Nog ‘n paar interessante feite oor die Hancke-familie:
- Hul ousus, Adriana, was in 2017 H.M. Swart se hoofdogter en in 2022 Hoogenhout s’n.
- Hul niggie, Kyra Hancke, is die hoofdogter van Hoërskool Ben Viljoen vir 2025.
- Marga, Lana en Kyra is kleindogters van me. Jeanetta Hancke Sy was vir baie jare, tot met haar aftrede, wiskunde-onderwyseres by Hoërskool Hoogenhout.
- Paul Hancke, Adriana, Marga en Lana se pa, was Hoogenhout se vorige beheerliggaamsvoorsitter en is steeds lid van die beheerliggaam. Sy oupagrootjie, HP Hancke, was verder ‘n lid van die reëlingskomitee met die inwyding van die skoolgebou in 1918.
Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor