Nasionale ATKV DigiGedigte. Nanette Jordaan Graad 11 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje het ’n Eerste plek in die nasionale ATKV-DigiGedigte vir Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal behaal.
Nanette het ’n A+++ simbool vir haar gedig “Prag in gebrokenheid” behaal.
Haar eerste digbundel, “Dagdroom”, is onlangs vrygestel. Sy het verlede jaar aan die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans se digkompetisie deelgeneem. Tien uit sowat 450 digters het die boekprys ontvang en die geleentheid gekry om hulle eie digbundel te laat druk.
Slegs twee van dié pryse is aan skoliere toegeken en Nanette het die afdeling “Liefde” gewen. Die bundel bevat 56 gedigte uit haar pen.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










