Tuks Top 10 Atletiekbyeenkoms. Hoër Meisieskool Oranje se A-span (876 punte) het soos verlede jaar net-net agter Menlopark (882) in die derde plek vir meisiespanne by Tuks se Top 10-atletiekbyeenkoms geëindig.
Die byeenkoms het in Pretoria plaasgevind. Die spanne se punte is bereken deur die gemiddelde punt te neem wat atlete behaal het.
Affies (911 punte) was eerste. 24 Atlete van Oranje was in aksie; 12 elk in die A- en B-span. Die B-span het negende geëindig.
Tuks Top 10 Athletics Event. Oranje Hoër Meisie skool’s A team (876 points) finished just behind Menlopark (882) in third place for girls teams at Tuks’ Top 10 athletics meet like last year. The event took place in Pretoria. The teams’ points were calculated by taking the average score scored by athletes. Affies (911 points) were first. 24 Athletes from Orange were in action; 12 each on the A and B team. The B team finished ninth.
Oranje se medaljewenners is:
- Nadia Vorster (o.19) hoogspring -goud
- Rumé Burger (o.15) 200m – goud
- Charné Wansbury (o.19) 100m – silwer
- Charné Wansbury (o.19) 200m- silwer
- Roline Louw (o.19) 100m-hekkies – silwer
- Roline Louw (o.19) verspring – silwer
- Diné le Roux (o.16) 100m-hekkies – silwer
- Marianne Louw (o.16) driesprong – silwer
- Rumé Burger (o.15) 100m – silwer
- Danyelle Pienaar (o.15) 300m-hekkies – brons
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf