)

Trio Kroonstad – Schools That Rock gesels met Shaun Brummer

Trio Kroonstad. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Shaun Brummer, Hoofseun van Hoërskool Trio Kroonstad, vir 2022.

Shaun, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Trio Kroonstad?

Ek Sien my rol as hoofleier as ‘n geleentheid om my mede-leerders te inspireer, respek tussen leerders te verbeter en om die skool ‘n beter plek te maak.

Hoe het die afgelope 4 jaar by Blouskool – nou Trio Kroonstad jou vir die rol as leier voorberei?

Die Onderwysers, vorige hoofleiers en VRL het ‘n uitstekende voorbeeld vir ons as die res van die skool gestel. Deur deel te kon wees, het van die klank het my baie geleer om verantwoordelik te wees en dat dit nie moet moeite wees om die skool te help nie.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Dwayne Johnson, want hy inspireer my om nooit op te gee nie. Dit maak nie saak hoe moeg jy is of hoe min vertroue jy in jouself het nie.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek is nog nie heeltamal seker oor wat vir my voorlê op my pad vorentoe nie, maar ek glo en vertrou die Here het vir my ‘n plan.

Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?

Die passie wat ons onderwyers het om ons te leer en te motiveer om nie moed op te gee nie en om aan te hou probeer.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, ek dink ons elkeen het ons eie talente en gawes en dit hoef nie noodwendig op die sportveld uitgebeeld te word nie.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Ek het dit geniet om uit te draf op die rugbyveld met trots vir my skool en te weet dat die hele skool ons ondersteun.

Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?

Om wedersydse respek tussen leerders, asook leerders en onderwysers te verbeter.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Ek is gemotiveerd om take af te handel sodat ek my volgende uitdaging kan aanpak met nuwe moed.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Trio Kroonstad te word?

Ons skool het al deure vir baie mense oop gemaak en het ook ‘n verskeidenheid vakke om van te kies.

Wat is jou toekoms-ideale?

My toekoms-idee is om eendag ‘n sukses van my lewe te maak.

Lees meer oor Hoërskool Trio Kroonstad: https://schoolsthatrock.co.za (Rooiskool en Blouskool naamverandering)

https://blouskool.co.za/ (Naamverandering pas ondergaan)

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal