Trio Kroonstad. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Hendrik Lloyd, Hoofseun van Hoërskool Trio Kroonstad, vir 2022.
Hendrik, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Trio Kroonstad?
Ek sien my rol as hoofleier van TRIO as baie belangrik. Dit is wel ‘n groot voorreg om daar te wees, maar dit vat baie selfvertroue en harde werk. Gelukkig is ek nie bang vir werk nie. My rol as hoofleier gaan ook verantwoordelikhede insluit, onder andere om reëls te gehoorsaam, ander te leer wat dit is om die reëls te volg en ‘n goeie voorbeeld te stel vir die res van die skool.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?
Ja, daar is net soveel wat gedoen kan word ten opsigte van die Covid-19 krisis in skole. Verder is dit die kinders self se verantwoordelikheid om die maatreëls te volg.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Vir verantwoordelikheid, om ‘n voorbeeld te stel, nederigheid en hardwerkendheid is my pa my inspirasie. Vir vriendelikheid, goedhartigheid en saggeaardheid kyk ek graag op na my moeder. Laaste, maar glad nie die minste nie vind ek inspirasie vir lekkernye en speeltyd vanaf my klein suster.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek beoog op die oomblik Landbou Ingenieurswese as ‘n beroep vir my eendag na skool.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom?
Ja, daar is ‘n wye verskeidenheid van landbouvakke wat geneem kan word, alhoewel dit nie noodsaaklik is om een van hulle te neem nie. Enige onderwyser sal vir jou vertel dat Wiskunde en Fisiese Wetenskappe baie deure oopmaak.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Nee, elke kind het sy eie talente. Sommiges is goed in sport, ander in tegnologie en ander weer op akademiese vlak.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Al die sosiale byeenkomste was altyd ‘n groot fees gewees. Die sport kompetisies was natuurlik ook ‘n belewenis, veral as daar ‘n span rasieleiers is wat die geesvang langs die veld lei.
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool?
Nee, deesdae is daar ‘n wye verskeidenheid van studierigtings en dit maak dit moeilik om te kies. ‘n Mens se belangstellings kan ook met tyd verander.
Na watter Universiteit gaan jy volgende jaar?
Ek het ‘n keuse om te maak tussen die Noord-Wes Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat. My keuse is nog nie gefinaliseer nie.
Lees meer oor Hoërskool Trio Kroonstad:
https://schoolsthatrock.co.za (Rooiskool en Blouskool naamverandering)
https://rooiskool.co.za/ (Naamverandering pas ondergaan)