Noordwes-Swem Gala. Shyenne Laubscher van Welkom Volkskool het die naweek deelgeneem in Sasolburg aan die NWS (Noordwes-Swem) Ouderdomsgroep Gala.
Sy behaal die volgende plekke: 3de plek in die 200 meter Rugslag, 4de plek in die 100 meter Vryslag, 5de plek in die 50 meter Vryslag en in die 200 meter Individuele Wisselslag ook ‘n 5de plek.
Shyenne is ook gekies om Desember deel te neem aan die Vrystaat Kampioenskappe in Bloemfontein.
Baie geluk Shyenne!
Volkies is trots op jou!!
Meer oor Welkom Volkskool:
https://welkomvolkskool.co.za/
Become a Sponsor








