Trio Kroonstad. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Megan Van Biljon, Hoofmeisie van Hoërskool Trio Kroonstad, vir 2022.
Megan, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Trio Kroonstad?
Dit is ‘n groot voorreg om een van die hoofleiers te wees. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om saam met my leerderraad en ander hoofleiers, dit die beste jaar vir almal rondom ons te maak. Ek wil graag, deur ‘n goeie voorbeeld te stel, ‘n positiewe impak om almal rondom my maak.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?
Ek dink definitief so. Al kan ons nie heeltemal terug na normaal wees nie, is dit baie naby. Ek voel veilig, en as almal die maatreëls by die skool volg, glo ek sal hulle gesond bly.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Daar is vir seker geen beter leier in my oë as Jesus nie. Ek wens party dae dat Hy hier kan wees sodat ek Hom advies kon vra oor die uitdagings van vandag se tye.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek sal graag ‘n apteker wil word na skool.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg?
Ja, die vakke wat ek kan neem stel my in staat om die studierigting wat ek wil gaan doen, te swot.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ek sou sê ja. Ek dink daar is soveel waarop jy uitmis, want dit gaan glad-nie oor wen nie. Jy leer so baie van jouself, goed wat jy nooit van te vore geweet het nie. Jy maak ook baie nuwe vriende by sportgeleenthede.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Definitief my sport en sosiale aktiwiteite. Dit was vir my die lekkerste om uit te sien na die wedstryd wat ek oor ‘n naweek sou speel, en ook om die ander spanne te ondersteun. Ek sal ook ‘n sokkie met lekker musiek en mense vir niks verruil nie. Ek sou nie 4 jaar op skool maak, sonder dit nie!
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.
Nee ek is nie. Ek wil nie vas besluit oor iets nie, want daar is nog baie tyd en ek leer omtrent elke dag iets nuuts van myself. Ek moet ook eers bietjie navorsing oor al my opsies gaan doen.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool Trio Kroonstad:
https://schoolsthatrock.co.za (Rooiskool en Blouskool naamverandering)
https://rooiskool.co.za (Naamverandering pas ondergaan)