Senior netbal. Die afgelope naweek was die senior netbal provinsiale uitspeel rondte in Kimberley.
Melonice Kordom (ZFM 0/21), Di-Marie Visser en Navern Olivier (ZFM A) is almal oud-Uppies van Hoërskool Upington wat daardie spanne verteenwoordig het.
Mev Esterhuizen was ook die afrigter van die ZFM A span.
Beide hierdie spanne het baie goed gevaar en albei het silwer medaljes ontvang.
Mev Esterhuizen is ook verkies tot die Noord-Kaap uitvoerende bestuur vir senior netbal as “Director Selections.”
Baie geluk!
Uppies is trots op julle!
Meer oor Hoërskool Upington: