Toutrek Onderwaterhokkie en Skaak. ‘n Aantal prestasies van leerders in Toutrek Onderwaterhokkie en Skaak vul Hoërskool Montana in Worcester se harte met trots.
- 600kg Seuns Toutrekspan – Baie geluk met die Brons Medalje by die SA Toutrek Kampioenskap!
- Mari le Roux – Mari het ‘n goue medalje by die SA Junior Nasionale Onderwaterhokkie Kampioenskap in Bloemfontein ontvang! Die span het uitstekend presteer!
- D’Anvo Dobson – Hierdie graad 10 skaakspeler van Hoërskool Montana, het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Braille Ope en die 4de plek behaal!


Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








