Toutrek – Landboudal Boere. ’n Groot gelukwensing van Landoudal Boere aan Maryke Roux en Franswa Keyser. Hulle het met trots hulle SA-Gazelle kleure vir toutrek ontvang.
Hierdie eerbewys is ’n erkenning van hul toewyding, harde werk en uitmuntende prestasie in die sport.
Hulle sal hierdie naweek Suid-Afrika verteenwoordig tydens die Afrika-kampioenskappe in Kimberley. Dit is waar van die beste toutrekspanne van die kontinent teen mekaar sal meeding.
Die kampioenskappe beloof om ’n hoogtepunt op die sportkalender te wees, en Suid-Afrika se hoop rus op die skouers van talentvolle atlete soos Maryke en Franswa.
Ons wens hulle alle sterkte toe vir Sondag se kompetisie — mag hulle die land se trots wees en met krag en vasberadenheid die tou trek!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor









