)

TOUE KRAAK OP OAKDALE

Op Saterdag, 16 Februarie, het die skole-toutrekspanne in die Eden-distrik hulle vaardighede op die terrein van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, ten toon gestel. In die Seuns 440 kg-kategorie was dit Calitzdorp wat goed vertoon het terwyl die Oakdale spanne die 480 kg-, 600 kg-, 400 kg-, 520 kg- en die 560 kg-afdelings gewen het.

In die dogtersafdeling was dit 440 kg-, 520 kg-, 480 kg-spanne van Shalom Akademie van Ladismith wat beïndruk het.

Die SA-Toutrekkampioenskap word vanaf 7 tot 9 Maart in Oudtshoorn aangebied. Tot gemelde datum sal die toue op Oakdale kraak, die stof sal staan en die Oakdalers versigtig moet eet om hulle gewig te behou.(

Die 560 kg A-span vir die eerste keer in 2019 in aksie en wen goud.

Foto bo: v.l.n.r.: Anro Vermaak, Rayno Grundlingh, Tertius van der Watt, Ben Viljoen, Charl du Plessis, Dewald Le Grange, Pieter Janse van Rensburg en Donald Hayes.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal