Touch Rugby. Jayden Steenkamp, graad 9C leerder van Hoërskool Strand, het ‘n besondere prestasie behaal. Jayden het ‘n hoogtepunt bereik deur verkies te word vir die Suid-Afrikaanse O.18 ‘Touch Rugby’ span. Hierdie span gaan in 2023 in Engeland aan die Jeug Wêreldbeker-toernooi deelneem.
Hoërskool Strand is besonder trots op Jayden met sy prestasie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien