Gimnastiek. Ixoré Cilliers is ‘n leerder van Bethlehem Voortrekker Hoërskool. Ixoré het baie goed presteer tydens die Helena Botha Gimnastiekklub se kompetisie. Die kompetisie het op 6 Augustus in Bloemfontein plaasgevind.
Ixoré het die volgende plekke behaal:
- Vloer: Silver
- Spronge: Brons
- Balk: Brons
Ixoré het algeheel vierde in haar ouderdomsgroep geëindig. Die Noord-Vrystaat kwalifiseringskompetisie vind op 13 Augustus in Bultfontein plaas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf