Top akademiese skole. Die Departement van Basiese Onderwys het onlangs opdrag gekry om dié top akademiese skole in die land te identifiseer.
Na gelang van die reaksie op parlementêre vrae en antwoord-sessies die afgelope week, het die departement die skole volgens kategorieë ingedeel. Dit is ingedeel volgens Afrikaanssprekende-, Engelsprekende- en Dubbelmedium-skole.
Sewe-en-vyftig Afrikaanssprekende skole is geïdentifiseer as die top akademiese skole in die land. Veertien van hierdie skole is in die Vrystaat. Dit is met groot trots dat Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein kan bekend maak dat hul skool ‘n posisie op hierdie lys behaal het.
“Ons het groot dank en waardering vir ons personeel en leerders vir volgehoue harde werk.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za